WINTER
Vir Elena
nou tuimel alles
onkeerbaar
onherroeplik
na die begin
om kaal
gestroop te wees
oop bome in die mis
blaar en mens
wat val en val
en terugkom
na die grond
om eenvoud
raak te sien:
net mens
en God
en stam
en son
