N TREURDIG
April
en by die laaste bome van die laning, vasgehou aan lig wat geel van herfs
en prewelend van triestige mymeringe is, val die blare soos gasmaskers van gesigte af.
Skielik is populiere sonder skerm of vermomming, val blare oor molmerige grondserke
onder die rye bome in die winterlug. Grafietstamme tel tydsaam
dae af, soos n soldaat treintrokke.
April
en takke val tussen takke in,
mense wat uit brandende ghettos peul tussen ander mense in.
Stroef kraak elke gebreekte vingerdun twyg, verbrysel houtelmbo asof n houthakker sy byl lig en kap.
Die winter pulp n myterige lplek tussen n wortelhout en plantknol
of dra die blare en houtsaagsels windop. Dit is n seisoen van verwaaiing
wat blare it strooi en buig soos hingsels
om net weer terug te stort
soos mense wat in gaskamers opstapel. Alle illusies is tot hier toe.
Di berowing sug onder harke,
blare ontaar hulleself
maar teen die hoeveelste oggend word hulle geien,
word skimmel op hulle polse ingeskroei waar hulle droef teen drade hang.
