N BRIEF VAN PAULUS
Snags luister ek en Damaris oor die winterwyke van die stad
waar die meesters van die Areopaag stosyns en kwylend snork, tot by die sterre waar God sy groen ren hou.
Bedags buig ek penne en ryg tou vir tou tentseile vas en peins oor briewe
van Poreus en Neopolis waar n opruiing met kruise en baniere die droggeloof van hierdie land uittart.
Selfs Demetrius se silwer soeweniertjies gaar glo stof op, vertel Timoteus.
Ek sal verhewe ren ook vir hirdie land afbid, in groen siftende buie oggende en middae deur sien hoe Artemis tussen marmerpilare
van die Akropolis stuk-stuk verweer.
