PETRUS
Die wind jaag oor die duine, ongeduldig
soos n perd op n sending.
Sy asem proes teen my seile,
hy trippel om die maste van my boot, runnik uit
oor die skimmelwit see.
Ek herken U!
U swiepende teuels breek my in.
