MOEDER MARIA DEUR HAAR TUIN
Agter die huis groei kneuspers agapante tot teen die pruimboom
wat byna elke somer, krom en swaar, mandjies vol laat val met die ritme van stadige ren.
My eensame, brawe huis.
Ek plant jou beddings mal van kleur, bre winde met die oleanderstruik.
En met elke bejaarde winter verduur die stoep die nagwind en nestel die verkluimde prieel teen haar bors.
Jesus, my seun,
is die rokerige vuur in my bors,
hy loop sonder skaduwee op die werf. Ek glo ek hoor sy eggo oor die muur. Hy is soos brood uitgedeel.
Sy adres is blykbaar alombekend.
My vingers grou onverpoos in die grond. Onder die bloeiende pruimboom
plant ek irisse vir die verbrokkeling.
