KRUISIGING
Hier van onder sien ek jou uitwasem bo die dronkstom dobbelspel
en die wye hemel
vanaf die klipperige skedelkop, 
en met die ruis van vlerke
langs jou geknakte liggaam boontoe klim.
Ek stap onder die swart son uit, soek n handkyker of wiggelaar vir n vallende ster
maar vind n wit blom
in die sleepsel van die kruis: Pluk die roos uit die hout! Vleg die doringtakke los! Geen spyker kon
jou ligte lyf hier hou nie.
