JESUS BID IN GETSEMANE
nou wil ek klou
aan my kleintyd toe ek paadjies deur skaafsels met my kleikamele gery het die asemlose verwondering:
die tempel in jerusalem vir die eerste keer en altyd oleander en lourier duiwe
by kapernaum en die water
waar viseiers aan vergete nette kleef en rooivinke uit riete lig
s diep en weggevou die geure van die meer soos vergetelheid en vergesig vir my
as ek soms sekondes voor ek wakker dryf nog tussen hier en daar in niemandsland verkeer
ek was n seun
ek kon n wipklip hoor sing
as dit platgesig oor die water skuif
hierdie hande het u tog vir my gegee
nou bruin van stap in die son en vye pluk en mense langs die water leer
en andersom n keer of wat bedien word uit n bak
sou ook ek van di roeping en die teer liefdesdrif vir ander n boot soos n visserman wou vat en in die diepsee weer
gewone vis deur die suiselende nag in my net wou keer
maar hier is ek vader blomloos ongetooi soos n blaar in die ren u wil alleen
