GEES
Oggend en nog steeds die lig en nfladder oor my bed: Eensklaps uit die sterreren buk jy oor my af.
In die koel water, vertel Johannes, is jy in die Jordaan gedoop
en die poeierkwaste van n duif
het blink soos staters oor jou kop geval.
Jou vlerke stulp my toe, broei op my.
n Ster huldig blink
bo die nok van my dak.
Die duif het weer weggevlieg, word daar vir ons vertel,
maar jy het met n verruklike glimlag uit die water gewaad.
Ek tel n veer
van die laken af op. Duifgrys tuimel die dag op die oggend af.
