DIE LIG
Die Lig is losgelaat,
pyl wit en padlangs deur die sterre af.
Hy bleik die maan, verdof die poging van n ster.
Hy is Here van die ligte! Sy o l eeue af.
Sy aanskyn val ligjare ver,
deur sy wimpers begin n nuwe dag. Hy val stralend,
briljant op ons af.
