N PSALM VIR DIE ROOS
ons het mekaar geken
met die versmelting van sproeiren en botsels die absoluutheid van n teeroos-herinnering o my roos my roos
deur die spikkeling van mossies die deurlugtige dag
kom U na my toe soos deur die geluk van somer heen kom U
maar ek is nou so ver van U verwyder
as wat rose van die winter is
verder weg as wat winter van baldadigheid is met die rokerige wolke gesnoei soos takke en net my klere wat nog ruik na u liefkosings
in U bestaan geen kompromie nie as U my nie vergewe nie 
my bedek soos die muurroos meedeelsaam raak soos die floribunda en van stof vergeet en kwistig oopvou sodat my trane met u geur vermeng  is daar geen ontmoeting nie
omdat U my s begeer omtuin my dan lushof van my begeerte
roos wat soos n sieraad om my kartel
