SKIPPER
gestrop in ankertou
deur lanings mislig op see
verlang ek na jou:
jou sug in die deinings
papawers op my boeg
kneus klam teen my kajuit
mond my tong tot roer
kolk my in vreemde sloepe
van jou soet geheimenis
ek wil weer my vlag
oor jou wapper, my seile
teen jou storm span
