VOETVALLE
Waarlik, n dag in u tempel is beter
as duisend daarbuite (Psalm 84:11)
onder die vlerk deur ken ek Tel Aviv uit en die see
hiroglief onontsyferbaar teen die kus
langs my
sy pers ooglede lomerig
teen wimpers wanneer die vliegtuig laag begin val
en tot stilstand stamp
die olyfboomlaning vleg
deur rookglas weg wanneer die kar die pad na sy huis oopkam
my dodi is in beheer met een vinger stof hy af
stoot vensters oop tel koels uit gee opdragte
en trek my nader sy bed is n tydreis terug deur sluiers
en lae Middellandse lap ek bottel die nag in
en sien deur geronde glas
dodi: geliefde
my premitiese god wie se tong my waarneem en uitsluitsel gee
ek buig vooroor en sy tydsame penis verteken alle vooruitsigte wat ek het as ek by hom is
word my voornemende bedevaart na die rakelingse Christus
abrup vertraag
in die halflig van die mre
word my geliefde die gedenkteken van my alleenverlange
en word ek traag by die gedagte
aan n stadsreis van mites en legendes
hoe kan hierdie ondubbelsinnige man ooit vervang word?
sy hande is n kenbare patroon waarop my borste uitgesny is o om by hom in te bed
by hom in te woon
*voor die deur
met sy geweer oor sy skouer versel sy mond myne saffraano voorsien safterige skadus oor my vrae
*in die tuin van Getsemane die olyfboomdokters versigtig met gom en klad en rens
skoffel-skoffel iemand agter bome rond ek loop van geluid tot geluid
net te laat om te sien probeer na suile luister voel deur die tuin
n trilling griffel
teen die middag is my dodi se o
n nagedagte want in hierdie besette stad en woordstil tuin beweeg daar wind
n marmerengel ontrafel iets iets in die verswe land
moenie wyk Man van Nasaret ek kan U byna sien
wag ek haal U in maar leidrade ontrafel
soos n spinnerak van tak tot tak n paadjie trap voor my uit rens in besonder heen?
iets word vir my ges
maar geluide word nie vasgel nie die engel verstar in steen
my geliefde is dae weg en ek ry tuin toe terug
vly my onder die vleidisas en vliere uit maar Hy buig uit my vingers
soos riet
waarom bly die engel strak en die reis na Hom langsaam? ek wil Hom ontmoet
soos n bekende Hom raakloop maar selfs in hierdie land
glip Hy voor my uit
wanneer ek tuiskom skryf my dodi iets op
sy vertoornde lessenaar versag as hy my sien
hy slaan geen ag
op di wat op n verklaring wag maar lig my op
en dra my na die
dae lange selibate bed my muse span my oop roer my gewillig vir elke ander keer
wie het hierdie sterre soos Bedoeene
presies by hierdie vensters in laat val?
maar in die nag val tyd en ruimte weg
soos n glas in die wasbak uit my hand
die tapyt loop sluipstil terug tot waar geborduurde kussings
swygend wyk na brokke en fragmente
geen posisie bring slaap nie kan ek met n Dooie praat?
kom U dalk deur n man na my?
na U toe soek ek vatplek Heer maar my hart kry geen omhelsing om teen te klop nie
alles van U ontken substansie huiwer tot beslissing
my o ruk wit die horison oop spil oor die rand van ongeloof
verlange is n braambos in die wind my hande verstom
in die stilte van die nag ek kn U nie!
kan U nie triomfantelik u heerskappy kom kaap as U dan s?
om my so tasloos lief te h
s eensaam my vae Heer
dat ander deurentyd kans kry om te praat!
Jesua
Jesua hou my jy alleen
na die begin
onthou ek iets ver terug: jou testes was soos heuning aan die raaisel
aan jou bekken
jou soene stroom soos lammers deur die noute van n poort my Bruidegom!
vaag en dynserig
draal Jerusalem teen die son
*dae daarna by Masada wag ek getemper in n Jeep my dodi en twee ander stap van my af weg
die son beitel aan hom
en die afstand word te groot om hom uit te ken rakelings is en is hy nie
my o skr hom af
die swygende landskap verstuif oor die klippe in n loop
nie in hierdie land nie in hierdie man gaan ek U vind nie
my o duikel klein en kaal in die middagwind
ylhoofdig leun die berg teen die hang
klippe is versinsels van brood elke ding is deursoek deurwinter deurtrap deurvra
maar u gedaante bly n spinneniks
*maar later onder die knoop van die verdigte hemel raak ek skielik vry
die son brand korrels sand uit soos o
drywende steiers van berghange rys en daal en alles word onbelyn
soos kataraktakke in winter
en ek sien niks terug
of n maaksel vir hierna nie van my sinne weggedryf val en val ek in my in
verby die doolhof van die brein die angel van my oog
die doodlyn waar die hart nog treur val deur die droesem van alle tye verlaat uiteindelik di
buiteplek van droefenis
stort deur die oog van n naald:
Jesua
Jesua Hamasjia waar die halm
uit my hand uit gly is tussen die argiewe van my murg en been U!
soos my spiel ken ek U
my Wedersien! my Wedersien!
