TUINSTOEL
n man sit stil soos n tuinstoel sy gesig weggekeer
sy arms sonder leunings katatonies versonke
want sy hart is vas soos winterweer n oggendkraan wat sy ys klem
ek kan maar witvoet sy mond s my uit
ek word weggeboender hy sit stil soos n stoel sy o kyk agtertoe
die man is n stoel eenkant onder n boom sy o het die huis afgesluit sy o agtertoe
