ARIEL SHARON
Hadassah-hospitaal, Desember 2005
Die wande van die skedelgebergtes l te nou en is donker,
soos die gang van n aar. Die son is n bloedvint en ek tonnel deur Bejuu.
Ek is skielik jonk en skud appelluise van n appel wat ek in die boorde van Libanon pluk.
My geweer knak die stilte in die vallei.
Breinbloeding, fluister iemand
en die kamer word Hamasgroen.
Dis n dagvlug ver terug na Kirjat Sjimone en n skreeuer verskerf die pad.
Voor die skietlyn bly ek val.
My volk word weer verban en ek mt wakker word.
Teen die oggend treil ek hulle terug in n sleepnet oor die Kinneret.
n Damhert staan rustig tussen bloedlemoene en wei.
Nou slaap ek op n kussingklip in die veld. Selonspampoene rank oor my brein.
God sing n wiegelied
en die vroue vir die soldate:
Daar is talle wat van my s,
van God kom daar geen hulp nie, maar U, Here, beskerm my
van alle kante.
Kuma Adonai, kuma Adonai.
Ek slaap diep in die sapgroen ranksels. Uit my oor groei God
soos n pampoenblom, syig en geel.
