Woordhuis
elke gedig
bou ek met stene op my eie werf gebak en pleistersand
uit my rivier se bed gesif maar telkens as ek trustaan om my bouwerk te beloer ruil ek my troffel
vir n voorhamer om
die binnemure moet uit net ingeval die leser langarm oor die vloer wil dans
selfs die vensters breek ek wyer oop  di tuiste
moet kruisventileer en n beter uitsig op die wreld bied
