Swart op wit
waarom sou ek die blr van my eie lam
wou vaspen op papier as in die kamers
van my binne-oor
dit so suiwer weerklank vind
eerlank as my hamer en my aambeeld
stil teen die trommelvlies l bly straks n laaste trilling
swart op wit vasgevang
