VERSLAG VAN ELI COHEN
Onder water tussen Rooisee-papawers en korale het ek my altyd tuis gevoel met net die lig
soos geheime letters wat deur die oppervlakte skryf. Ondergronds kon ek altyd werk, Siries praat
en n Joodse grap uit n ghetto vertel.
Selfs my eie gesig vergeet soos n gemaskerde. Diagramme en kaarte onderhands gestuur en boodskappe in pote van uitvoertafels, maar altyd het ek net uit die hoek van my oog
gesien hoe neig vols na die groen Jordaanvallei. Toe die kanonterrein van Golan af platgeskiet is wou ek my hart huis toe volg,
maar met my laaste boodskappe aan Israel lei my sender hulle op my spoor
en voor middernag l my naels soos skulpe en sien ek agter my ooglede
hoe heilig Jerusalem gloei en hoe vry vols
met die landwind draai.
Eli Cohen: n Israeli-spioen in Siri.
