Veeltalig
bedags win ek brood in Engels saans bid en skryf ek Afrikaans laatnag praat ek lyftaal
en elke nuwe dag verstom ek my
aan die breek van God se Woord
