DIE NAR
Ek staan myself maar uit 
die nar op hierdie hoek.
Ek ken nie meer my kinders nie
en hulle nie my trane nie,
en ek is gatvol vir my act.
Ek haat my lag en alles wat ek s
is onkruid wat uit herinnering rank
oor nagte wat verlore is.
Maar in my groei n boom
wat lowerswaar oor al my dae hang
en op n haar af lyk
soos jy,
my lam.
