ALTER EGO
hier is ek 
met my reistas en my army-jas
staan ek op jou klippe
buite jou kerk:
bombardier gedoop in jou veldslae,
manskap met jou bandelier
vol bitter offers
wat uit my gebeente wilger
in jou skaduwee wil kom skuil.
hier draal ek om jou
in die oliereuk van ons nagte vol lampe 
my reise: herinneringe,
jou teksboeke: jare;
meander ek deur die labirinte
van die ander ek tot ek
man alleen
voor jou dooiemansdeur
bly staan.
