Johannesburg
as vroemre se rookmis
nog oor jou stoppelbaard hang begin die swart are om die kamers van jou hart reeds ru te pols terwyl diep in jou ingewande
die honger myners
aan jou maagvliese knaag
geen wonder
dat jy deurnag so kreun van ho bloeddruk
en slegte spysvertering
