Eiendomsontwikkelaar
hoe vervreem jy hierdie skildery
lewendig aan die Weskus tussen bakkies
en ronde klip geraam
hoe vee jy
n visserman se rook by die skoorsteen uit en teer dan
die voetpad na sy skuit
hoe pleister jy sy mure glad en verf dit
n ander kleur as wit
terwyl oor jou eie herd by di einste see
n Paternoster hang in olie op doek
