VLERKSLAG II
n Witreier trap onrustig in vlak water op vroe ys. Nog een skud vlerk op n nes.
Teen die noordelike lig roep hulle n swerm saam om oor die Middellande skielik een oggend agter die berge van Hebron op te rys.
Nou sak hulle uitgerek soos n breedtegraad die Jordaanvallei af.
Die oggendbries gly rimpelend deur stertvere deur en oor die oewerriete draf n vlerkige skaduwee langsaam na Tiberias.
Rooiborsvinke kwetter tussen die pluime en n muis bewe in n plaat lelies
as die wit vlerke ritmies n kodering uitklap
vir die gemotoriseerde vlier wat oor Safat hang. Stadig gly dorpies onder die swerm terug.
Links ry die son soos n bespieder en ver boorde en kibboetse korrel p na die naald van die reieroog.
Die vols onthou die suidstreke soos n joernaal toe moe winde tussen hulle vere kom rus het.
Vanaand sal die sterre die roete skryf en nagdruppels soos saad
oor hulle snawels strooi. Die maan sal langsaam,
soet en silwerig hulle geleide doen.
Maar n sandstorm flap
onverwags soos n wip oor Negev oop dat die vols met n systroom opskiet. Swemvliese en vlerke trek toe.
Lug word vervaard af getrap.
Dan tuimel hulle met krenk-skreeu n stapelende wolk deur
om, vir n oomblik van koers, wes te korrel sodat radar op Ben-Gurion flits
en n eskader F-16s vlerkomkeer en see toe swenk.
