Komnader
(Grootwordhuis, Gobabis)
ek hoor my knie sanderig kraak in die skarniere van jou voorhek
die moesies in my yler hare
is geroes, nes die skroewe op jou dak
die kruisbande oor my skouers sny soos die drade in jou ou prieel
my bril se lense is skaars deursigtig nes die rookglas langs jou voordeur
selfs die gedrup van vroemredou is nou tipies van ons albei se geute
