Adres
my possakadres het n werf wat mens nog
met n besem vee sy heining het ogies wat na binne loer
en agter sy gekalkte mure span blouselwit lakens
oor klapperhaar en ysterkatel en iewers
in n kwasgeverfde kas klingel my erd-af beker teen n holgeslypte mes
