Afdraai
hoeveel maal nog
moet ek my tande borsel my skoenrieme vasmaak en in di stofpad
met my gesig
teen die westewind beur
hoeveel maal nog voor ek die afdraai
na my Vaderhuis kan vat
my huis se dak is hemelsblou
sy mure met stene van wind gebou sy vensters ongeraam en sonder glas om by elke korrel op sy vloer te pas
