Roaming
(vir Ernst Gudde)
ek kliek op jou naam in my sel se geheue
die opsies verskyn digitaal
erase no
met die druk van n knop vee jy nie n naam
soos Gudde uit nie
edit yes
sonder om in die gids te loer tik ek die kode: 777
voor jou Windhoek-nommer in
save yes
net ingeval
ons seine eendag weer op dieselfde netwerk roam
