Laaste bouplan
die laaste bouplan
het altoos dieselfde argitek wat al sy lyne
na die kelderkamer trek
waar die reuk van boomwortel agter vensterlose mure hang en op die vloer van grond staan n bed sonder pote
met n greinhoutkombers wat vasskarnier
die enigste luukse van di eenvertrekhuis is die vergulde naam op sy marmerdak wat elke besoeker
tot stilte maan:
die inwoner l ter ruste
