Bankrotvendusie
gebroke staar jou onteiende oog na aasvols met veerlose nekke wat nouer en nouer sirkel
om bod vir bod toe te slaan
tot net die wit van jou skelet onverteerbaar
teen gekromde snawels stuit
