DEARG-DUES
Ek sien jou veraf stap onder groot swaar bome. Klein mens in n Gainsborough-skildery.
Jou hoepelrok kol ritmies oor die klawer. Onder die paraplu is jou o in die skadu.
Maar ek ken elke hoek van jou gesig.
Jou neus se fyn profiel, soos geskulpte kant. Jy tte--tte oor porseleinkoppies
en die Galway Bay-lig val sag deur jou wimpers.
Bedags begeer ek jou terwyl ek wegslaap in my kelder. Droom agter jou gedagtes aan wat soos rook
uit skoorstene oor die ver dakke van Dublin groei.
Jy buig elke aand in die kerslig in asof jy glans soek vir jou bloed,
maar jy slaap nie in klam en donker plekke
om briljant en wys die waarheid self te skryf nie.
N twaalf loop ek deur my huis. Die wye trap dra my
sag soos fluweel na buite toe.
Die mis sleep oor my landgoed weg. Hoe skreefoog ek daagliks vir die son.
Dearg-dues: vampier (Iers)
Ek sweef deur jou venster en kyk op jou af in jou bed van drome
sodat ek dieper as jou slaap in jou kan inval.
Jou nagrok streel jou been.
Uit die grond van my hart het ek jou lief.
Jou bloed bruis nou gulsig in my in
en weg van wasige mymeringe en meevalle pols jou aar hygend in my mond.
Uit ons samesyn is daar weer lewe uit die dood.
Lig jou op na my toe. Die maan neem al af.
Jou mond is soel en gewillig,
maar dis die blou lyn van jou aar wat ek soek.
