Borduurwerk
kruissteek vir kruissteek ryg ek my lewensdraad om dit oplaas gesigkant na die mense op te hang maar die rugkant
waar die knoop mag l  plak ek gewoon
met bruinpapier toe
