Onkloonbaar
meet twee albastergrootte ogies omsigtig in n koppie af
smeer wenkbroutjies aan na smaak
voeg twee teelepeloortjies net so, met skulp en al, daarby
smelt nou n handjie vol neus en klits die gaatjies oop na onder
rasper fyn die lippies weg totdat die mondjie tandloos sny
strooi as bolaag
n paar knypies hare gekrul of ongekrul
en siedaar  di Homo sapiens
is een uit ses biljoen
