Testament
uit al my beroerde bates wil ek aan jou bemaak: die A-mineurdruk
op my kitaar se nek en n woordlose vers wat vassit in wit papier n handvol duinesand
om deur jou vingers te sif en n kapstok om ons siele
tevrede soos hoedens langs mekaar te hang
