Kitaarspel
as jy rugkant eerste teen my lyf kom l vroetel ek
oorbel vir oorbel totdat jy snaarstyf maar ingestem
onder my vingerpunte span en terwyl my een hand hartwaarts die ritme
oor jou naeltjie tokkel druk die ander werwel vir werwel
al die akkoorde
wat teen jou nekkie af loop
