Meetsnoere
ek soek jou
in die bedkassie se laai in die vatmerke
aan jou lyfroombottel in snesies en pluisies
nog met jou gesig daaraan
ek soek jou
tussen kleingeld en skulpies selfs agter jou groen kam se tande tot waar jy dalk in jou pilleplaatjie se laaste uitdrukholte skuil
eers teen slapenstyd ontdek ek jou  onderstreep in die sesde vers
van die sestiende psalm
