In hemelsnaam
Deborah, slaap jy nog
in pienk met n hekelkombers oor jou koue voete
of staan julle deurnag gevleueld in die poorte
en Woensdae
hou julle nog biduur
of is julle  in hemelsnaam  bo di plig verhewe
Deborah, het jy en Pa Koos-Nel en Ena
n lappie grond om heen te ry want hier te lande
raak dit n al hoe groter kwessie
