HAARI ASJKENAZI
Sinagoge van die Kabbalistiese leer te Safat
Die swaels wat neste het
onder die sinagogerelif en -lyste, skiet so skielik onder uit
dat ek altyd vir n oomblik stram van skrik moet staan. Hulle gaffelsterte hark
n pad op
en laat my eie spore losbreek van die grond wat ek ken.
My hart is s gereed
en ek voel dat lig van onder
deur my ribbekas soos sterresaad wil strooi. Orion se tekens dui op die Verskyndag maar tot dan dryf ek soos n stratuswolk net-net bo die grond.
Nou tjingel swaels terug, kruis en dwars oor die dak. Ek ruik die klei van neste.
By die trap af, verby verspotte reisigers, vereenselwig ek my weer met Galilea, spiel wat vanoggend blind
en weggedraai onder die wolkversperring wag. Hir moet ek vertoef en dieper leer
voor ek elke passie van die vlees afl. n Troos is dat God die wentelbane van die sterre meet
en self die tyd sal baan
voordat ons uitgelese broederskap, ingewydes,
deur tien sfere God sal sien.
