Dubbelgraf
na twee en dertig jaar oplaas weer kamermaats Pa se kooi lank reeds grys en marmerglad gestryk Ma se sandkombers
di ruik nog vars
soos die nat van ploegtydgrond
nou l julle twee  nes vanmelewe  so onder die maan
kopstukke en gesels
