Joernaalinskrywing
op hierdie nege en twintigste dag van die sesde maand
in die derde jaar
van die derde millennium  met drie ure se skadu op die sonwyser oor  het die Boekhouer
met n laaste joernaalinskrywing Deborah se staat
in die Nuwe Jerusalem laat klop
