vir Deborah Lombard, 16/06/2002
Victrix Ludorum
min het jy kon weet
toe jy kaalvoet op die rostrum jou jongmeisieknie
as victrix ludorum buig dat jou vasbyt eendag in Steradent sou week met jou laaste rondtes
op n bedkaart aangeteken
7:00  200 ml tee 8:00  op R-sy gedraai 9:00  op L-sy gedraai
10:00  toestand onveranderd
min het jy kon weet dat die laaste lint
so diep in jou bors sou sny
