na 51 jaar
waarin ek my die lyne van jou gesig moes verbeel kom stap jy
 uit Hillbrow van alle plekke  met my o
my neus
my kyk en my onderlip gepakkie en ge-oorbel in swart en wit gekiek
ja, kom stap jy goedsmoeds my virtuele ruimte binne
