Vingeralleen
alleen hou n sakdoek onder sy wang
met sy wysvinger en duim albei in die mond
alleen se knie
is kenhoog opgetrek onder n kombers wat na motbolle ruik
alleen soek nie mense nie  net iemand
wat n kraan oopdraai of hout kap op die werf
