Boskerk
hrdie tempel van U
het n vloer van kaalvoetsand en afvalstukkies bas
sy koepel is yl beblaard en opkykblou en n herfswind dra die hosannas verby die kliplose mure
tot waar n kiewiet opvlieg uit n ongeoeste land
