Nagmaal
met elke breekslag van die brood vroetel my aardse tong
soekend oor my tande
na die suurdeeg van u liggaam
met elke skinkslag van die wyn proe ek met ydele lippe
u bloed wat op n druppel na nes di van soet sultanas smaak
