God se akwarium
solank die voeding uit u hande vlok en u suurstof
deur die water borrel swem ek geluidloos deur n doofstom wreld
maar tel ek u trilling teen my sylyn op vertroebel ek
u waters waar rus is
met n enkele swaai van die stert
