Pnil
ek sluit my o biddend om sy aangesig te soek
skaars gewaar ek die kartels gesigloos op sy skouers
of ek ryg my lysie in: vir daaglikse brood beur ek sy hande oop met elke bangwees spring ek op sy skoot
eers toe ek stil word met net sy Naam op my lippe
skiet daar n vonkel uit die bruin van sy o wat vlietend
sy aangesig verraai
