Habakuk 2
al sou die skepping
in ses dae nie klaarkom nie en daar geen ribbebeen
uit Adam se sy ontbreek nie al sou Jona nie regop
in die walvis kon staan nie en Maria se maagdelikheid nes die voorhangsel skeur
nogtans sal ek jubel en juig dat Jahwe my Redder is
Hy bind my twyfel
aan die pote van n ribbok vas in geloof laat Hy my veilig spring
