DIE WOLMEEU
In die winter
is ons op teen die sneeu na jou skihut toe.
Nog hor spikkel die Hermon,
radarmeters, barometers, n rabbynse vlugkelder en ontdooi barakke
smiddae op die kruin 
teen die blad van die berg l Libanon.
n Wit seemeeu val knarsend
uit n oggend se verstarde grys gesig tussen die takke
van ons winterboom in. Om sy poot en vlerk bondel rooi wol soos bloed.
Sy koue geknelde vlerke klepper soos sinjale
en sy o spring van skrik.
Jy sukkel jou handskoene uit, die vol knies in my hande
en sy kop ruik na ysspriete en Galasiese riet. As jy die rooi knooppunt loswikkel
en jou knipmes weer toeknip skiet die meeu met n skril kreet, noordwes
van ons weg.
By ons voete gly die stukkies wol
die sloep af.
Alles is skielik uitgesneeu!
Die oggend blaas die laaste wasem van die hut se vensters weg en hoog teen die berg
word die ys week en gemoedelik en die son val n kuiltjie
in die wang van die wolke in.
