Moet ek gaan met le hande
wat sal ek saamvat
as ek na die Here toe gaan wat sal met die laaste grypslag
onsigbaar in my hand se holte pas
straks die reuk van vetkryt en klei die vrank van rosyntjiebosblare dalk die skemerroep van n tarentaal of net die swart en wit van n kiekie
