Ou ou tyding
ek skaf die jongste vertaling aan om nuwe lyne deur u Woord te trek
in rooi omsirkel ek aljimmers u Wet u vergifnis merk ek immergroen en om nogeens u le graf te sien kleur ek elke ronde klip deurskynend met my glimpen in
